KWANDO CAMP

Bekostigbare luuksheid by die Mudumu Nasionale Park in die Caprivi, Namibië

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>



Let wel: By besprekings is 'n kind 8 jaar of jonger

Kwando Camp - Algemeen

Kwando kamp is net buite die bekende Mudumu Nasionale Park in die Caprivi. Hierdie luukse kamp bied asemrowende uitsigte oor die Kwando-rivier. Hulle bied wildbesigtigingsritte en -vaarte op die Kwando-rivier en in die Mamili en Mudumu Nasionale Park.

Wanneer jy by Kwando kamp aankom, sal jy in die ruim, verwelkomende ontvangsarea welkom geheet word. Terwyl jy besig is om die intekeningsprosedure af te handel, onthou om ook by die snuisterywinkel in te loer. Dit spog met ‘n interessante verskeidenheid plaaslike kuns en handwerk.

Die Ligging

GPS coordinates S 17 59-E 023 17

 

Akkommodasie

Die eiland het plek vir agt tente met grasdakke, elk met twee beddens. Elke bed is toegerus met ‘n muskietnet. Die tente is opgeslaan op houtpale, met ‘n terras wat op die rivier uitkyk. Jy sal dus heerlik kan visvang vanaf die dek van jou tent.

Die grasdakke sorg vir goeie temperatuurregulering – nie te warm in die somer nie, en ook nie te koud in die winter nie. Elke tent het ‘n en suite badkamer met ‘n stort, toilet en handewasbak, met warm en koue water. Die badkamers is onder die blote lug en sorg dat jy die natuur kan geniet. Elektrisiteit word op sleuteltye deur ‘n kragopwekker voorsien. In die badkamers word lig met behulp van paraffienlampe verskaf.

Drie groter grasdakrondawels is ook op die hoër grond beskikbaar. Hulle is op langer pale gebou, van hout en seil. Hulle is gerieflik tussen die bome geplaas, met ‘n pragtige uitsig oor die vlaktes van Botswana.

Elke rondawel het ‘n ruim stylvolle slaapkamer, ‘n groot en suite badkamer, en ‘n reuse terras.

Die kampterrein is tussen die hoofgebou en die eiland geleë. Daar is talle groot bome, wat welkome skaduwee tydens die warmer tye van die dag bied. Daar is omstreeks tien kampplekke op grasperke wat baie goed versorg word. Die kampterrein se ablusieblokke het storte, toilette, handewasbakke en wasgoedgeriewe. Warm en koue water is beskikbaar.

 

 

Aktiwiteite

 

Die swembad is naby aan die kampterrein.